The NAMIBIAN Constitution (from a Biblical Perspective)
HOOFSTUK 5:
Sekuriteit & Beskerming
¹Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet, ²hy sê vir die Here: “U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.” ³Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip hou en jou bewaar van dodelike siekte. ⁴Hy beskut jou onder sy vleuels en is vir jou 'n veilige skuilplek. Sy trou beskerm jou aan alle kante. ⁵Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nag of vir aanvalle oordag, ⁶vir pes wat in die donker toeslaan of vir siekte wat helder oordag verwoesting saai nie. ⁷Al val daar duisende langs jou, tienduisende by jou, vir jou sal niks tref nie. ⁸Met jou eie oë sal jy sien hoe die goddelose gestraf word. ⁹Omdat jy die Here as skuilplek geneem het, die Allerhoogste as jou beskermer, ¹⁰sal geen onheil jou tref en geen plaag naby jou woonplek kom nie. ¹¹Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan. ¹²Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie. ¹³Jy sal oor leeus en adders loop, leeus en slange sal jy doodtrap. ¹⁴“Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,” sê die Here, “omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm. ¹⁵Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor; in sy nood sal Ek by hom wees, Ek sal hom red en hom in sy eer herstel. ¹⁶'n Baie lang lewe sal Ek hom gee en oor my hulp sal hy hom verbly (Psalms 91:1-16 AFR83).
⁹My opdrag aan jou is dat jy sterk en dapper moet wees. Moenie bang of huiwerig wees nie. Die Here jou God is saam met jou oral waar jy gaan (Josua 1:9 NLV). ¹³Onthou, die versoekings wat oor julle pad kom, is nie uniek nie; ander ondervind dit ook. God is getrou. Hy sal keer dat die versoeking te sterk vir julle word. Midde-in die versoeking sal Hy vir ’n uitweg sorg sodat julle dit kan verduur (1 Korintiërs 10:13 NLV).
¹¹Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. ¹²Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug. ¹³Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan. ¹⁴Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas, ¹⁵en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete. ¹⁶Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer. ¹⁷Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God (Efesiërs 6:11-17 AFR83).
God se hoogste beheer oor omstandighede bring veiligheid en sekuriteit. God lei die gedagtes en aktiwiteite van mense om Sy doel te bereik. Maak nie saak hoe verwoestend ons huidige situasie mag wees nie, ons kan op God hoop. Sy hulpbronne is oneindig. Ons moet glo dat Hy in enige persoon se lewe kan werk, of daardie persoon 'n koning of 'n vreemdeling in 'n vreemde land is.
³Maar die Here is getrou! Hy sal julle sterk maak en van die Bose bewaar (2 Tessalonisense 3:3 NLV). ⁸Moenie bang of mismoedig wees nie, want die Here is die Een wat voor jou uitgaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie en jou nie verlaat nie” (Deuteronomium 31:8 NLV). ¹⁰“As U die Seun van God is, spring hier af! Daar staan mos geskrywe: “Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm (Lukas 4:10 AFR83). ⁷Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar, jou lewe sal Hy beskerm. ⁸Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan, nou en vir altyd (Psalms 121:7–8 AFR83).
¹⁹Van die westekant af sal mense die Naam van die Here eer, van die oostekant af sal hulle sy heerlikheid eer. Hy kom soos ’n opgedamde vloed, wat deur die Gees van die Here aangeblaas word (Jesaja 59:19 NLV). ¹⁷Geen wapen wat gesmee word om jou aan te val, sal iets uitrig nie; elkeen wat vals teen jou getuig, sal gestraf word. Dit is hoe Ek, die Here, vir my dienaars sorg. Ek laat geregtigheid aan hulle geskied, sê die Here (Jesaja 54:17 AFR83).
⁴Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my (Psalms 23:4 AFR53). ⁴U is my rots en my vesting. Lei my, wees vir my ’n gids ter wille van u Naam (Psalms 31:4 NLV). ⁸Hy beskerm hulle wat ’n reguit pad loop.Hy bewaak die pad van sy getroue dienaars (Spreuke 2:8 NLV).
⁹Hy sal die wêreld met regverdigheid oordeel, en in billikheid oor die volke regspreek. ¹⁰Die Here is ’n skuilplek vir die onderdrukte, ’n toevlug in tye van moeilikheid (Psalms 9:9-10 NLV). ¹⁸Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie (Romeine 8:18 AFR83).
¹¹⁴By U skuil ek, U beskerm my, in u woord stel ek my vertroue (Psalm 119:114 AFR83). ¹²Laat almal wat by U skuil, bly wees, laat hulle altyd juig. Beskerm dié wat u Naam liefhet sodat hulle oor U kan jubel (Psalms 5:12 NLV).
¹⁰“Nasies, luister na die woord van die Here, vertel dit in veraf kuslande. Die Here het Israel uitmekaar laat spat, Hy sal hulle weer byeenbring. Soos ’n herder sy skape oppas, so sal Hy hulle versorg (Jeremia 31:10 NLV).
¹Die wat op die Here vertrou, is soos die berg Sion wat nie wankel nie, maar bly tot in ewigheid. ²Rondom Jerusalem is berge; so is die Here rondom sy volk van nou af tot in ewigheid. ³Want die septer van goddeloosheid sal nie rus op die erfdeel van die regverdiges nie, sodat die regverdiges hulle hande nie sal uitsteek na onreg nie. ⁴Here, doen goed aan die goeies en aan die wat opreg is in hulle harte. ⁵Maar die wat langs krom paaie wegdraai, sal die Here laat vergaan saam met die werkers van ongeregtigheid. Vrede oor Israel! (Psalms 125:1-5 AFR53).
