The NAMIBIAN Constitution (from a Biblical Perspective)
DIE NAMIBIESE GRONDWET
(vanuit 'n Bybelse perspektief)
⁶Wat uit die mens gebore is, is mens; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
(Johannes 3:6 AFR83)
¹In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God.
²Hy was reeds in die begin by God.
³Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie.
⁴In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense.
⁵Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.
(Johannes 1:1-5 AFR83)
¹⁰⁵U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.
¹⁰⁶Ek het 'n eed afgelê, en daarby sal ek bly, om my aan u bepalings te hou; hulle is regverdig.
¹⁰⁷Ek ly swaar, Here, hou my in die lewe, soos U beloof het.
(Psalms 119:105-107 AFR83)
¹²Die Here het geantwoord: Jy het reg gesien. Ek staan gereed om te doen wat Ek gesê het.
(Jeremia 1:12 AFR83)
Dit is die woord wat tot my gekom het, van die Here af: “Skryf in 'n boek al die woorde wat Ek met jou gespreek het. Ek sal hierdie nasie weer skud. Ek geniet dit om jou storie te herskryf en werk voortdurend in en deur jou om My goeie doel te vervul. Die heerlikheid van hierdie huidige huis sal groter wees as die heerlikheid van die vorige huis, sê die Here die Almagtige.”
(Saamgestel deur Melani Bamberger)
³⁷Jesus antwoord hom: “ ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. ³⁸ Dit is die grootste en die eerste gebod. ³⁹En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ ⁴⁰In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat (Matteus 22:37-40 AFR83).
Matteus 22:37-40 is die grondslag van die Namibiese grondwet, met Jesus Christus Homself as die hoeksteen. ¹⁶So sê die Here my God: Ek gaan in Sion 'n klip neersit, 'n uitgesoekte klip, 'n hoekklip wat fondament aan fondament sal sluit. Wie op My vertrou, hoef nie te vlug nie.¹⁷Ek maak geregtigheid die maatstaf, regverdigheid die toets. Die hael sal julle skuilplek van leuens uitwis, die water sal julle wegkruipplek wegspoel (Jesaja 28:16-17 AFR83).
Slegs 'n intieme verhouding met Abba Vader gee ons die sleutel tot die beloftes in die skatkis, wat Sy eie hart is. Hierdie grondwet is dus geskryf, gebaseer op ons liefdesverhouding met die Here Jesus Christus. As gevolg van ons verhouding met Hom, begeer ons om Hom lief te hê en te gehoorsaam, nie omdat ons moet nie, maar omdat ons wil, uit eie keuse. Gemotiveer deur liefde - alles is waardeloos en selfs vernietigend wanneer dit probeer word sonder liefde, besorgdheid, deernis en empatie vir ander.
¹Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is: Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek 'n stuk klinkende metaal, 'n galmende simbaal geword. ²Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis, en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks.³Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem, maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks.⁴Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. ⁵Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie.⁶Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. ⁷Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. ⁸Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe van profesie sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en dié van kennis sal uitgedien raak. ⁹Want ons ken maar gedeeltelik, en ons profeteer maar gedeeltelik, ¹⁰maar wanneer die volledige kom, sal wat gedeeltelik is, uitgedien wees. ¹¹Toe ek 'n kind was, het ek gepraat soos 'n kind, gedink soos 'n kind, geredeneer soos 'n kind. Maar noudat ek 'n man is, is ek klaar met die dinge van 'n kind.¹²Nou kyk ons nog in 'n dowwe spieël en sien 'n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken. ¹³En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde! (1 Korintiërs 13:1-13 AFR83).
